*
*
*

Welcome

PKF Cape Town

Latest news from PKF Cape Town

Watertekorte en suikerbelasting, ons opsies raak min in die wes-kaap

Watertekorte en suikerbelasting, ons opsies raak min in die wes-kaap

27 Mar 2018

Nie net ervaar ons ‘n watertekort in die Wes-Kaap nie, ons is ook almal bewus van die BTW-koers wat met 1% verhoog na aanleiding van die begrotingsrede, maar nou sal Suid-Afrikaners ook meer vir drankies met ‘n hoë suikerinhoud moet betaal.

Ongelukkig het vetsug 'n groot besorgdheid in SA geword en dit word aangevoer as een van die redes waarom hierdie belasting gehef word. Om hierdie probleem tesame met die behoefte aan verdere inkomstebronne aan te spreek, implementeer die regering “suikerbelasting”  met ingang vanaf 1 April 2018.

Die vraag nou is watter drankies is onderhewig aan suikerbelasting?

Die toepaslike drankies sluit in koeldranke, vrugtesap, sport- en energie drankies, versoete ystee en limonade. Interessant genoeg is 100% vrugtesap en melk uitgesluit, alhoewel gesondheidskenners aangevoer het dat 100% vrugtesap dieselfde gesondheidsgevolge as koeldrank het.

Die grootte van sekere drankies met ‘n hoë suikerinhoud het reeds die afgelope jaar afgeneem vanaf 550ml tot 330ml, maar die pryse van hierdie produkte het nie dienooreenkomstig verlaag nie.

Suikerbelasting sal gehef word teen 2,1 sent vir elke gram suiker bo 4g per 100ml. Byvoorbeeld, as 'n blikkie coke 330 ml is en net meer as 8 teelepels suiker (1 teelepel gelyk aan 4gram) bevat, is slegs 3 teelepels belastingvry. Aangesien die meer as 5 oorblywende teelepels suiker belas word teen 2,1 sent, sal ‘n 330 ml blikkie coke suikerbelasting van 46 sent bevat.

Suikerbelasting met die doel om vetsug te verminder, is reeds geïmplementeer deur lande soos Finland, Frankryk, Hongarye, Ierland, Mesiko, Mauritius en Noorweë. Die aankope van drankies met ‘n hoë suikerinhoud het aansienlik afgeneem in elkeen van hierdie lande.

 


Get In Touch

For more information on how our services can help your business get in touch.

* *
*